Posts

MOEDERSDAG

Image
  DIE EGTHEID VAN MOEDERSDAG OF DIE GOED VAN MAMMASDAG? Ek is deesdae baie versigtig om te soek vir die GOED in die wêreld.  Ek soek eerder vir EGTHEID.  Dis omdat GOED meestal mooi aangetrek word in kunsmatige kledingstukke terwyl EGTHEID die naakte werklikheid onbeskaamd vertoon, ondanks die waarskynlik-moontlike littekens. Tradisioneel word daar een maal per jaar, in Mei, ‘n Sondag gewy aan die viering van MOEDERS en staan bekend as MOEDERSDAG.  Oral, in winkels en op sosiale netwerke, word dit afgekondig met glansryke advertensie- en plakkaatveldtogte wat sekermaak dat almal wat kan sien, daarvan kan kennis neem.  Skoolkunsklaskaartjies, ontbyt-innie-bed bedien deur kinderkokke, pantoffels & kamerjasse, uiteet, blomme,  chocolates , ensovoorts is aan die orde van die dag.  Pappas en kinders, van oral oor, poog om mammas te bederf.     Mamma.  Dankie dat Mamma vir ons kosmaak.  Dankie dat Mamma ons skool toe vat.  Dankie dat Mamma vir ons klere koop.  Dankie dat Mamma mooi na on